Golf

Ferrum se gholfleerders word elke Vrydag onder leiding van die baie bekwame mnr. Eddie van der Merwe van Huttenpark Primêr afgerig.  Leerders, saam met me. C. Rice, kom elke Vrydag om 14:00 by die Newcastle Gholfklub bymekaar.  Die groep het hierdie jaar baie goed afgeskop met ‘n inligtingsessie wat deur mnr. Dries Els aangebied is.  Leerders is ingelig omtrent affiliasiegelde, hoe om te registreer, ‘n voorgee te kry en die etiket rakende gholf en die gholfklub.  Skole-gholf groei jaarliks en Ferrum het tans ongeveer 25 leerders wat speel.  Die dogtersgetalle is ook besig om al hoe meer toe te neem.  Daar word tans gepoog om leerders geaffilieerd te kry sodat hulle ‘n voorgee kan hê en dan ook teen ander skole buite Newcastle mee te ding.  Hoërskool Dundee is reeds in die beplanning vir hierdie jaar. Dinge lyk goed vir Ferrum Gholf 2011!

gholf derby 2011

Gholf Derby


07/06/2011 - 2:37pm

Congratulations to FERRUM's Golf team that did extremely well on Friday's battle for the GHOLF DERBY!  They won NHS 5 - 1.  We are proud of you!


Golf
Hoërskool Ferrum / Ferrum High School Copyright © 2010
Website sponsored by Jenny Internet

Development byStucky-Solutions.net l Marketing by Champ Marketing l Login