History

Geskiedenis

Met die vestiging van Yskor te Newcastle het daar 'n addisionele behoefte ontstaan vir die oprigting van 'n skool wat beide akademies en tegnies sou wees.

Die skool is op 21 Januarie 1975 geopen.  Dit het toe bekend gestaan as Hoërskool Sunnyridge en het bestaan uit voorafvervaardigde geboue wat geleë was in Hans van Rensburgstraat, agter die Newcastle gholfbaan.  Met die aanvang van die derde kwartaal dieselfde jaar, is die huidige geboue in gebruik geneem.  Die skool se naam het toe verander na Hoërskool Ferrum.

Gedurende 1976 is die tegniese afdeling ten volle in gebruik geneem en kon die skool dus vir die eerste keer as 'n volwaardige skool funksioneer.  Die skool se hoeksteen is op 28 Oktober 1977 deur mnr. S. Levinson (destydse Uitvoerende Direkteur) gelê.

Aan die einde van Julie 1986 het die eerste hoof, mnr. Bertus van der Walt, afgetree en is hy opgevolg deur mnr. Mike Fourie.

Die skool het reeds groot hoogtes op akademiese-, kulturele- en sportgebied bereik en is bekend hiervoor in Newcastle, Noord Kwa-Zulu Natal, Kwa-Zulu Natal en Suid-Afrika.

 

Hoërskool Ferrum / Ferrum High School Copyright © 2010
Website sponsored by Jenny Internet

Development byStucky-Solutions.net l Marketing by Champ Marketing l Login