Die “Wellacre Technology College” van Manchester Engeland, het sopas hulle toer na Suid-Afrika voltooi. Ferrum het hulle met eg- Suid-Afrikaanse gasvryheid ontvang en die besoekers is oorweldig deur die vriendelikheid van die Suid Afrikaners. Daar is verskeie uitstappies onderneem en die besoek aan Babanango Valley Lodge het meer lig gewerp op die Anglo Boere-oorlog en die Anglo-Zoeloe-oorlog.. Die uitstappie na Thangami Spa was iets besonders vir hulle. Soos hulle dit self gestel het: “hulle het gevoel hulle is in die bos”.-‘n ware “Afrika” ondervinding!
Die Volkspele-aand het beide die Ferrum- sowel as die Wellacre- leerders nuwe dansstappies geleer. Die leerders het dit baie geniet by die leeuplaas by Moreson Ranch en hulle het die hantering van die klein leeutjies baie geniet.
Die besoek aan die moederstad – Kaapstad, is terdeë geniet. Almal is dit eens dat Suid-Afrika `n baie mooi land is en dat hulle graag weer sal wil terugkom na Suid-Afrika.

